About the Waterberg

The Waterberg is a unique geological structure, mostly sandstone, rising from the plains surrounding it.
It is an impressive structure, roughly 120 km by 120 km and at some points more than a thousand meters above the surrounding flat savannah bushveld. From many miles away its hazy blue escarpments have for ages beckoned the traveller to take a closer look. Due to its relative inaccessibility however, pioneer development came late to the Waterberg resulting in it still being mostly unspoilt, even to this day.

Except from Thabazimbi where the ascent into the Waterberg is abrupt and very steep, one nowadays enters this mountainous area along winding roads, gradually climbing towards the broken plateaux with an occasional steep climb onto the next terrace. Given the bounty of its very diverse flora that decks the landscape the trip into the mountain from any direction is a memorable and uplifting experience.

Although huge in itself, the Waterberg is only 12% of the area of Limpopo and 1.2% of the area of the RSA.
This may be considered as insignificantly small. One should take into account however that it lies in the much industrialised north-east of the country and within Limpopo, the region surrounding it moreover earmarked for most urgent mining development by Government. As a result the area can expect increasing industrialisation.

The Waterberg itself, due to its sandstone bedrock manifests only negligible mineralisation and minimal mining potential.

The area to the south of the Waterberg ,on the other hand, Gauteng especially, suffers severely from pollution of the already overly exploited and polluted water resource and acid rain on account of the polluted air. In a naturally arid country this can be disastrous.



We contend that for that very reason the Waterberg should be conserved with the utmost dedication and determination henceforth as a replenishing facility, exporting both clean air and water.


 

Leer die Waterberg ken:

(Beweeg oor foto om te vergoot)

Topografie:

• ‘n Gewelf wat bokant die omringende hoofsaaklik gelyk en meestal “soet” bosveld soos ‘n omgekeerde diepbord trapsgewys uitstyg en vanaf 1 000 m tot 2 200 m bo seespieël lê.
• Die terrein is klipperig-golwend met hier en daar lappies sagte grond, maar ook rotsagtige kranse en diep valleie.
• Ten noorde en ooste van Vaalwater is daar plek-plek uitgestrekte boombedekte bulte en sandvlaktes.

 

Geologie:

• Hoofsaaklik sandsteen en verweerde sandsteen en arm aan ekonomies ontginbare mineraalafsettings.
• Oorsprong: Binnelandse vloedsisteem, omhoog gedu deur tektoniese plaatverskuiwing.
• Die grond is uitgeloog en die Waterberg-konglomeraat se ineenversteende spoelklippe getuig van die woelende watermassas van ouds. Nuwe grond vorm gevolglik uiters stadig.

 

Klimaat:

• Subtropies – warm somers met ‘n gemiddelde dagtemperatuur wat wissel van
25 °C tot 35 °C
en matige winters met nagtemperature tussen 0 °C en 10 °C.
• Somerreënval van 400 mm tot 800 mm hoofsaaklik vanaf Oktober tot Maart.
• Mees algemene maar matige windrigting is noord, wat met weersverandering teen die klok swaai na wes en dan suid.

 

Hidrologie:

• Buiten die voetheuwels wat elkeen in sy eie rigting helling af dreineer, is die Waterberg-plato na die noorde gekantel en dreineer die groter halfstandhoudende riviere noordwaarts. Die langste is die Mogol, wat naby Warmbad ontspring op ‘n hoogte van 1 580 m, en
120 km verder uit die Berg uit vloei net suid van Ellisras op 900 m bo seespieël.
• Oos van die Mogol is die Palala en Sterkrivier.
• Ondergrondse water word vanweë die bodemstruktuur en gevolglike swak insypeling nie maklik aangevul nie.
• Goeie plantbedekking is dus nodig om afloop te vertraag en standhoudendheid te bevorder.

Plantegroei:

• Grondlaag: Oorwegend gemengde tot suurgrasweiding.
• Basale grasbedekking van redelik tot uitstekend na gelang van beweidings- en brandgeskiedenis.
• Wye verskeidenheid van tot waarskynlik 200 breëblaarboom- en -struikspesies in die besbewaarde ekosisteme. Dit daal tot so min as ongeveer 20 in gebiede wat herhaaldelik aan gereëlde veldbrande blootgestel is.
• Met toegewyde sorg sal die Waterberg-breëblaarbosveld voor lank as ‘n eiesoortige bioom geëien kan word.

Vestigingsgeskiedenis:

• Oorblyfsels van klipwerktuie, nagelaat deur familiegroep-oerinwoners, asook hul rotstekeninge, kom wyd in die Waterberg voor. As jagter-versamelaars het hulle nie veel meer as dit nagelaat nie.
• Buiten aan die noordoostekant aan die voet van die Waterberg is daar geen aanduidings van betreklik permanente gemeenskapsvestigings deur swart stamme nie.
• Blanke ontsluiting van die taamlik ontoeganklike Waterberg-plato deur jagekspedisies vanaf 1830 is opgevolg met boer-vestiging vanaf ongeveer 1850.
• Aanvanklik het boere slegs vir eie onderhoud gesaai. Ná die koms van trekkers en kunsmis is ongeveer vanaf 1950 tot 2000 ook kommersieel vir die groter markte gesaai.
• Deurentyd is hoofsaaklik met grootvee geboer en vanaf ongeveer 1980 ook kommersieel met wild.

Moderne Ekonomie:

• Vanaf ongeveer 1950 was daar ‘n toename in kommersiële akkerbou wat egter weens die toenemende kosteknyptang, klimaatsbeperkinge en die grondhulpbron teen 2000 tot so ‘n mate daal dat graansuiers en later ook die treinspoor tussen Nylstroom en Vaalwater in onbruik raak. Dit is omdat voldoende graan nie meer volhoubaar ekonomies geproduseer kan word nie.
• ‘n Kleiner oppervlakte onder graan, vrugte en tabak word tans intensief onder besproeiing verbou.
• Die hoofinkomstes van die Waterberg is tans uit grootvee en wild wat in baie gevalle gekoppel is aan die toenemend lonende toerismebedryf.
• Padvervoer is algemeen, maar die paaie is swak.

Negatiewe impakte op die ekologie:

• Bedreiging deur bedroë prospekteer- en mynboulisensie-aansoeke asook onoordeelkundige ontwikkelingspogings wat veral groot druk op die waterhulpbron kan plaas en wat teengestaan moet word.
• Swak bestuur en gebrekkige wetstoepassing by ontwikkelings t.o.v. waterafloop, rommel, huishoudelike afval en riool.
• Gebrekkige of misleidende impakstudies.
• Onbevoegde padinstandhouding deur owerhede wat gevolglik erosie bevorder. Dit beteken dat damme toeslik en meer gruisgroewe nodig is.

• Ooreising van die grondhulpbron deur uitputting en deur oorbeweiding. Afname van die planteverskeidenheid en groeikragtigheid gaan gepaard met bosindringing deur veral sekelbos. Onoordeelkundige weidingsbestuur van vee- en wildsplase verinneweer die ekologie.
• Vernietiging van die biodiversiteit, ook binne die grond, deur herhaaldelike veldbrande.
• Kortsigtige boomstroping vir brandhout sowel as onoordeelkundige ontbossing.
• Onoordeelkundige jagpraktyke – modern en tradisioneel.
• Onvoldoende voorkoming en bestryding van erosie of bekamping daarvan deur fisiese maatreëls waar dit reeds voorkom.

Klik hier om te lees:
Noodlottige gevolge op die ekosisteem van die Waterberg deur herhaaldelike veldbrande.